Hoërskool Menlopark robotika maak kubergeskiedenis
Hoërskool Menlopark robotika maak kubergeskiedenis. Jasper Smit, Andries Beyers, Luka Smit en Wynand Botha het op Saterdag, 14 Mei geskiedenis met hulle deelname aan Gauteng se First Lego League kompetisie gemaak. Die span, bekend as Dries, is Menlo se eerste robotikaspan wat aan hierdie kompetisie deelneem. Dries het op 5 Mei, met hulle besluit om aan die kompetisie deel te neem, ʼn keerpunt bereik. In ʼn kwessie van ʼn week moes Dries hul robot programmeer om die Cargo Connect-uitdagings baas te raak, maar hierdie kreatiewe en hardwerkende robotin-genieurs het dié geleentheid met albei hande aangegryp en on-verpoos gewerk om vir die kompetisie gereed te wees.
Die First Lego League toets nie net programmeringsvaardighede nie, maar ook kreatiwiteit, probleemoplossing, die manier waarop spanne saamwerk en behels selfs ʼn aanbieding – en dit boon-op in Engels. Dit is in hierdie afdeling wat Dries kop en skouers bo die opponente uitgestaan het en die trofee vir die span wat die kernwaardes die beste toegepas het, verower het. Na deeglike beoordeling is daar bevind dat Dries ʼn wegspringplek by die nasionale kompetisie op 4 Junie verdien. Menlo hou duim vas dat die tegnologie op daardie dag gehoor-saam sal wees en dat Dries se robot opdragte akkuraat sal uit-voer. #AbsolutToekomsgerig