Die Hoërskool Menlopark het ‘n handvol leerders in Gauteng-spanne

Die Hoërskool Menlopark het ‘n handvol leerders in Gauteng-spanne. Abby van Zijl, Amy van Staden, Minette Boshoff, Anke Nortjé en Luca Keun. Dit is die vyf Menlo-parkers wat na etlike uitspeel-rondes steeds bly staan het en die keurders met puik spel en senuwees van staal oorrompel het. Met hierdie wapens in hulle netbal-arsenaal het Menlo se netbalkwintet gewys dat hulle hulle plek in die pro-vinsiale spanne verdien. Dit is ʼn reuseprestasie om as een van Gauteng se top-7-spelers uitgesonder te word. Baie geluk aan Menlo-netbal wat deur uitstekende afrigting deure oopmaak vir spanne en spelers!

Luca Keun

Amy van Staden

Minette Boshoff

Abby van Zijl

Nortje Anke