Hoërskool Zwartkop leerder kry ‘n kortfilm rol
Hoërskool Zwartkop leerder kry ‘n M-NET kortfilm rol . Hoërskool Zwartkop se Sadie Jansen van Vuuren in graad 10, het ‘n rol in die M-NET kortfilm My hair, gekry. Sadie vertolk die karakter van Mia. Die verhaal handel oor kinders wat in vandag se tyd gebind word aan reëls van die samelewing en hoe aanvaarding en verdraagsaamheid teenoor jongmense aangemoedig moet word. Sadie sê dat die rol vir haar ‘n positiewe ervaring was, een wat sy vreeslik geniet het. “Ek sien daarna uit om eendag op die grootskerm op te tree en mense se harte te raak met my rolle.”

Sadie Jansen van Vuuren