Laerskool Louis Leipoldt ATKV redenaars uitslae
Baie geluk aan Mia Schabort wat onder die Top Tien van die semi-finale rondte is. Dit beteken sy is onder die eerste tien in Noord- Gauteng. Dit is ook die eerste keer wat Mia deelneem aan onvoorbereide redenaars. Dit beteken Mia moes binne ‘n uur haar eie toespraak skryf. Baie geluk en knap gedaan Mia! Ons is baie trots op jou.