Laerskool Louis Leipoldt leerders wys Wiskunde wie is baas
Daar het 75 000 kinders oor die land deelgeneem uit 525 skole in rondte een. 11 263 kinders het in rondte 2 deelgeneem uit 366 skole, dis ook oor die hele land. Daar was 19 skole wat deelgeneem het. Alle leerders van Gr 5-7 het deelgeneem. Van die leerders het deurgedring na die 2de rondte en daarna is die volgende leerders uitgenooi na die prysuitdeling
Alex Killian het die beste in Laerskool Louis Leipoldt gevaar en deelgeneem aan die tweede rondte en behaal 11de plek van al die skole. Sien die ander name wat ook genooi is na die prysuitdeling Lienke Vogel neem deel aan A+ Students Wiskunde Streeks Kompetisie. Sy het die hoogste prestasie behaal wat daar by die kompetisie was naamlik “Kampioen van Kampioene”. Lee-Hane Mienie het deelgeneem aan die streek C-maths kompetisie in Wiskunde en het Kampioen van Kampioen gekry. Christiaan Benade het ook dieselfde plek behaal. Klomp slim koppies in Louis Leipoldt.

Alex Killian

Christiaan Benade

Lee-Hane Mienie

Lienke Vogel