Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria Kookwater losskakel haal SA Skolespan
Kookwater losskakel en kaptein van beide die Witbulle en Blou Bulle Cravenweekspan, Stehan Heymans (gr. 12), het die breiers van die nasionale span se aandag getrek en is by die SA Skolespan ingesluit. Hy is later vandag in aksie in die nie-amptelike finaal tussen die Blou Bulle en Westelike Provinsie. Baie geluk Stehan die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria is trots op jou!
