HS Oos-Moot dansers verteenwoordig SA by die “Dance World Cup World Final”
Elsje Styger gr 11 en Anke Styger gr 8, het die eer gehad om Suid-Afrika te verteenwoordig tydens die Dance World Cup World Final, onderskeidelik as geborgde dansers met die titels “Beste Solo danser in die Junior-kategorie” en “Beste Solo danser in die Kinder-kategorie.” Hulle het ook as ‘n Duet-span gekompeteer in die Junior-afdeling.
Hulle het uitstekende uitslae behaal! Ons kan ons spog met hulle as amptelike World Cup Final Kampioene!!
- Hul is die GOUE medalje wenners en dus die World Cup Final Kampioene met hul Akro duet!
- Beide Elsje en Anke is ook SILWER medalje wenners – Elsje vir haar Akro-solo en Anke vir haar Jazz-solo..
- Elsje is ook n brons-medalje wenner met haar Jazz-solo.
Verder spog hulle ook met verskeie top 10 plasings, nl ‘n 4de plek vir hul Ballet Duet, Anke met ‘n 6de plek vir haar Contempory Solo, ‘n 7de plek vir hul Lyrical Duet, en elk met ‘n 8ste plek vir hulle onderskeie Ballet Solo’s.
Dance World Cup is die grootste alle genre kompetisie in die wêreld. Elke jaar kompeteer meer as 20 000 deelnemers van 62 lande in hul onderskeie lande vir ‘n gesogte plek in die Wêreld Finaal! Elke land word slegs 4 plekke per ouderdom, kategorie en genre toegelaat en daarom word dit beskou as die Olimpiese Spele van dans met ongeveer 6000 dansers wat hulle onderskeie lande by die wêreld finaal verteenwoordig.
Elsje het ook die voorreg gehad om Suid-Afrika se amptelike vlag-draer te wees in die amptelike openings-seremonie.