HS Pretoria-Noord o.14 rugbyspan wen Stadsbeker
Hoërskool Pretoria-Noord se 0/14s rugbyspan het 23 Julie die Finaal (Stadsbeker) van die Blou Bulle vir groot skole gewen. Hulle het teen John Voster in die finaal te staan gekom. Jonh Vorster het laat in die eerste helfte ‘n drie aangeteken, maar kon nie slaag om hom te ver doel nie. In die tweede helfte het Pretoria Noord geantwoord met ‘n drie in die hoekie. Hulle kon met die doel skop slaag en die eindtelling was toe 7~5.