Hoërskool Garsfontein muurbalspeler help Noord-Gauteng tot silwermedalje
𝗙ranken help Noord-Gauteng tot silwermedalje in Kaapstad. Jean-Pierre Franken het uitstekend tydens die jaarlikse Interprovinsiale Muurbaltoernooi vir skole in Kaapstad gevaar. Franken was ‘n belangrike lid van die Noord-Gautengse span wat ‘n silwermedalje tydens die toernooi verower het. Die Hoërskool Garsfontein leerder het ses van sy sewe wedstryde tydens die toernooi met 3-0 gewen en slegs in sy laaste tweestryd met 1-3 die knie gebuig. Ons is voorwaar baie trots op jou prestasies op die muurbalbaan!

Jean-Pierre Franken